Inligting

Koedoespoortjies

Die Graad R-skooltjie, Koedoespoortjies, het ‘n sagte plekkie in elke Koedoekophart. Met die skooltjie se unieke plaashuisatmosfeer en pragtige speelareas, is dit ‘n lushof waar enige kleuter sommer gou-gou verander in ‘n groot kind wat verseker skoolgereed is.

Koedoespoortjiepersoneel

Ons is so trots op ons pragtige juffrouens by Koedoespoortjies, wat elke klein rakker baie liefde en sorg, gereed kry om die “Groot skool” aan te pak!

Koedoespoortjie skooldrag is by Die Lapa en Retiefs beskikbaar.

 

Hektye:

Oggende: 07:00

Halfdag (Maandag – Donderdag) eindig: 12:45

Halfdag Vrydag eindig: 12:30

Naskool sluit: 17:00

 

Skoolfonds

Skool: R1231 per maand vir 11 maande

Naskool: R730 per maand vir 11 maande

 

Aktiwiteite

Om seker te maak dat ons pragtige kinder grootmaak vir die laerskool word die geleentheid vir hulle geskep om op so veel as moontlik terreine te ontwikkel.

  • Rekenaarstudie
  • Menslike bewegingskunde
  • Musiek
  • Skaak
  • Rammetjierugby
  • Mini-Netbal